Inwoners van Excelsior in die Vrystaat sit al sowat ’n week lank met hul hande in die hare oor ure lange kragonderbrekings weens die netwerk wat uitklink en die munisipaliteit wat krag afskakel om die probleem te vind.
Byna die hele dorp het weer teen Dinsdagaand krag gehad, maar inwoners wil nie te gou bly raak nie.
Die krag het die afgelope week al soveel keer vir etlike ure aangegaan en net sodra inwoners ’n sug van verligting slaak, sit hulle weer sonder krag.