Inwoners in en om Lichtenburg het teen Sondagmiddag vir die derde dag geen elektrisiteit gehad nie en het gevolglik ook met ernstige watertekorte gesukkel.
’n Paneel in die dorp se hoofkragstasie het Donderdag ontplof. Werkers van die munisipaliteit spook nog om dit te herstel.
George Visser, VF Plus-raadslid in Lichtenburg, het Sondagmiddag gesê watertoevoer in die gebied is nou ook uiters gebrekkig omdat pompe nie werk nie.