Adv. Tankiso Mea, geskorste stadsbestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein, wil hom na die Vrystaatse hooggeregshof wend om sy skorsing tersyde gestel te kry sodat hy met sy pligte kan voortgaan.
Dit kom minder as ’n week nadat die laaste rookwolk van brandende bande in ’n geweldadige dienstebetoging waarin onder meer sy skorsing geëis is, in die wind weggewaai het.
Dié onluste onder die vaandel van die Mangaung Community Concern (MCC)-groep, het groot dele van Bloemfontein verlede week by tye verlam en groot skade aan eiendom veroorsaak.