Die Oos-Kaapse regering sê geld wat vir dienslewering geoormerk is, sal nie aangewend word vir die implementering van naamveranderinge nie.
Altesaam 23 naamveranderinge in die Oos-Kaap is Sondag bekragtig nadat Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, in ’n verklaring gesê het dat geen van die besware teen die hernoeming ’n hersiening regverdig nie.
Die nuwe name wat onder meer Port Elizabeth na Gqeberha verander, die Oos-Londen-lughawe na die King Phalo-lughawe en King William’s Town na Qonce, is op 23 Februarie in die Staatskoerant afgekondig.