Met heelwat minder as die helfte van die vereiste getal brandweerwaens in die Oos-Kaap wat in ’n werkende toestand is, is daar groot kommer oor dié provinsie se gereedheid vir ’n ramptoestand.
Gegrond op die Oos-Kaapse bevolking moet die provinsie 164 brandweerwaens hê. Daar is egter net 97 brandweerwaens, waarvan net 68 in werking is.
Xolile Nqatha, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het dié syfers onlangs in die provinsiale wetgewer bekend gemaak nadat die DA skriftelike vrae aan hom gerig het.