Die waterprobleme in Vrystaatse dorpe duur voort en Bethlehem, Paul Roux en Rosendal is net drie van talle dorpe wat steeds onder watertekorte gebuk gaan.
Brunhile Rossouw, ’n DA-raadslid in Winburg, sê hier sukkel die inwoners in hoogliggende dele van die dorp nou al maande lank sonder water.
Niemand weet wat die probleem is nie, maar water bereik net nie sekere gebiede nie, sê sy.