Gemeenskapsgroepe is Woensdag hof toe om ’n dringende interdik te vra om bouwerk aan die ontwikkeling van die bekende River Club in Observatory, Kaapstad, te keer.
Hulle sê die kulturele bewaring van die perseel is vir die Khoi- en San-groepe belangriker as die ekonomiese ontwikkeling daarvan.
Amazon se hoofkantoor in Afrika is onder meer deel van die nuwe ontwikkeling.