’n Inwoner van Brandfort is woedend omdat hy en sy gesin se huurhuis al die afgelope drie weke bykans daagliks deur rioolvuil oorstroom word.
Rioolvuil uit die dorp se hoofpypleiding stoot volgens inwoners in huise in Buitekantstraat, wat laer as die res van die dorp geleë is, op.
Henk Randall sê hy en sy vrou, Chesel, het ’n jaar oue baba en twee tieners.