Inwoners aan die Bottelary-pad naby Stellenbosch is bekommerd dat motoriste se lewe in gevaar gestel word weens ’n kudde van ongeveer 62 beeste wat gereeld oor dié pad loop.
Ongelukke tussen die beeste en motors op die pad is volop en verlede week was daar selfs twee voorvalle op dieselfde oggend waar motoriste beeste raakgery het.
Niemand is ernstig beseer in dié ongelukke nie, maar die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is bevrees dit is net ’n kwessie van tyd.