Isuzu Motors Suid-Afrika het twee vragmotors met watertenks aan Gift of the Givers beskikbaar gestel om die waternood op Makhanda (Grahamstad) te help verlig.
Badr Kazi, die organisasie se direkteur vir strategiese beplanning, het gesê die lorries gaan gebruik word om skoon boorgatwater na strategiese punte in die dorp te versprei.
“Ons is baie dankbaar vir Isuzu se hulp.”