Avis en Afrirent het ingestem om nie voertuie uit die Johannesburg-metro se vloot terug te vat voordat hulle met amptenare van die Johannesburg-metro vergader het nie.
So het Leah Knott, DA-burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, Donderdag gesê.
Knott sê die metro het 2 169 Afrirent-voertuie. Afrirent verhuur 1 176 voertuie aan die afdeling vir openbare veiligheid en 373 aan Johannesburg Water.