Die buitengewone vergadering van die Johannesburg-metroraad wat verlede week deur die ANC en die EFF ontwrig is, het Dinsdagoggend al stotterend begin.
Nadat van die ANC- en EFF-lede gekla het dat daar nie vir hulle bottels water in die raadsaal was nie, het Vasco da Gama (DA), speaker van die raad, geantwoord daar is waterbottels buite die saal. Daar is nie klein waterbottels in die saal nie omdat van die raadslede tydens verlede week se chaotiese vergadering ander raadslede met waterbottels gegooi het.
In ’n stadium het die EFF gekla hy is nie gelukkig met die sitplekreëlings in die raad nie.