Te midde van nuwe begrafnisvoorskrifte as deel van die rampbestuursregulasies het die Kaapse metro opnuut ’n oproep op inwoners gedoen dat verassings, eerder as konvensionele begrafnisse, sover moontlik oorweeg moet word.
Die metro het Woensdag gesê hy neem kennis van die jongste wysiging aan die regulasies oor die hantering van Covid-19-lyke en begrafnisse.
Die gewysigde regulasies is op 19 Maart in die Staatskoerant gepubliseer.