Die Kaapstad-metro staal hom vir die ergste moontlikheid van fase 8-beurtkrag in die week wat kom, sê Geordin Hill-Lewis, burgemeester.
Die metro het sy rampbestuursentrum geaktiveer om dadelik te kan reageer, nie net om kragopwekkers aan die gang te kry nie, maar ook om honderde beamptes van die verkeersafdeling en metropolisie te ontplooi om verkeerschaos te probeer verhoed en inwoners veilig te hou.
Hill-Lewis sê met fase 6 die afgelope week was daar reeds groot dele van die metro wat vir tot soveel as tien uur per dag nie elektrisiteit gehad het nie.