Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier (regs), vergader met amptenare van die munisipaliteit in Kimberley en die betrokke departemente om die waterkrisis op te los. Links is Jaco Roelofse van die departement van samewerkende regering, en Maruping Lekwane, LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling.Foto: Charné Kemp
Die Noord-Kaapse premier het Maandagoggend dringend antwoorde van amptenare geëis en ’n tegniese taakspan saamgestel nadat dienslewering in Kimberley tot stilstand geknars het.
Die stad was vir ’n vyfde agtereenvolgende dag sonder water omdat die oorskakeling na die Sol Plaatje-munisipaliteit se nuwe pompstasie weens “tegniese probleme” vertraag is en die opgaardamme leeggeloop het.
Krane in hoogliggende gebiede en die sakekern het leeggeloop en 12 skole is reeds vroeg verdaag.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.