Die oordrag van grond aan die nasionale regering om ’n nuwe polisiekantoor in Belhar te bou is deur die Kaapstad-metroraad se burgemeesterskomitee goedgekeur.
Belhar is berug vir bendegeweld en die bestaande polisiekantoor is onder die 30 in die provinsie waar die meeste moorde aangemeld word.
Die oordrag sal nou op ’n volle sitting van die raad goedgekeur moet word, het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, Woensdag gesê.