Inwoners van Koster in Noordwes en die private dienstemaatskappy Pionier doen nou aansoek om te appelleer teen ’n hofbeslissing dat inwoners die bestuur van water- en riooldienste aan die plaaslike munisipaliteit moes teruggee.
Die hofstukke is reeds by die hooggeregshof in Mmabatho ingedien, maar dis nog nie bekend wanneer die aansoek aangehoor sal word nie.
Die Kgetlengrivier-munisipaliteit bedien Koster, Swartruggens, Derby en die omliggende townships.