Inwoners van Koster in Noordwes het Maandag reeds 18 dae aaneen nie watertoevoer gehad nie.
Dit is omdat die Kgetlengrivier-munisipaliteit, wat die dorp bedien, nog nie daarin kon slaag om ’n stukkende pomp te herstel wat water na inwoners moet pomp nie.
Inwoners staan tou by die munisipale kantore om water by ’n boorgat te kry, sê Carel van Heerden, voorsitter van die aksiegroep Kgetlengrivier Besorgde Inwoners (KBI).