Dit het Maandag ’n uur geneem vir brandbestryders in Koster, Noordwes, om ’n brand by ’n winkelsentrum te begin blus omdat die dorp nie water gehad het nie.
Volgens Stella Potgieter, VF Plus-raadslid in die gebied, het die brand omstreeks 10:00 in ’n winkelsentrum ontstaan nadat ’n gasbottel in een van die winkels ontplof het. Die sentrum is sowat 2 km buite die dorp in die tradisionele Indiër-woonbuurt.