Dié berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.
Jan van Rhyn, DA-koukusleier in Madibeng, het dié ingryping deur Noordwes se provinsiale regering Donderdag verwelkom. Volgens Van Rhyn kom dit nadat die ANC-beheerde munisipaliteit hom al vir jare skuldig maak aan geldelike wanbestuur. “Dit het tot ’n finansiële krisis in die munisipaliteit gelei.”