Die feit dat die burgemeester volgens wet met geslote stembriewe gekies moet word, is ’n taamlike turksvy vir die ANC in die Mangaung-metro.
Dit sal dus onmoontlik wees om vas te stel wie vir opposisiepartye se burgemeesterskandidate gestem het.
Netwerk24 het betroubaar verneem dit is een van die kopsorge in die verdeelde metroraad, waar die ANC sal moet keer dat ’n burgemeester uit opposisiegeledere ingestem word.