Ondanks aantygings van korrupsie wat teen hom ondersoek word, gaan die speaker van die Wes-Kaapse wetgewer voort met sy pligte.
Masizole Mnqasela, speaker en DA-LPW, gaan Dinsdag Langa in Kaapstad besoek om ná ’n verwoestende brand skoene aan laerskoolleerlinge te oorhandig.
Hy het Maandag op sosiale media bekend gemaak dat hy in sy hoedanigheid as speaker in samewerking met Youth4LifeSA and Samaritan’s Feet SA skoene gaan oorhandig aan leerlinge van die Mokone Primary en Siyabulela Primary School.