Die George-munisipaliteit lewer alle noodsaaklike dienste, maar sekere kantore is toe nadat die aangepaste vlak 4-inperking op 28 Junie afgekondig is.
Inwoners word aangemoedig om transaksies en sake aanlyn, per e-pos of telefoon te doen en nie die munisipaliteit te besoek nie. Sommige munisipale personeel werk ook van die huis af weens Covid-19.
Daar is beperkte toegang vir die publiek in munisipale geboue en toegang is ook aan streng Covid-19-protokols onderhewig.