Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hy behaal sukses om munisipaliteite en meer spesifiek munisipale bestuurders vir hul wanbestuur tot verantwoording te roep.
Dit volg nadat Themba Goba, die geskorste munisipale bestuurder van die Rand West City-munisipaliteit, Dinsdag as die verteenwoordiger van die munisipaliteit ten opsigte van ’n pleitooreenkoms in die streekhof in Randfontein skuld beken het op klagte van rioolvuilbesoedeling.
AfriForum het in 2016 ’n strafregtelike klag teen Goba aanhangig gemaak.