Talle nywerhede in van Suid-Afrika se vrotste munisipaliteite sê hulle sal óf moet sluit óf moet padgee, soos wat die suiwelreus Clover besluit het om te doen met sy opspraakwekkende skuif uit Lichtenburg in Noordwes.
Hul enigste hoop is nou op die uitkoms van ’n hofsaak wat einde Mei aanhangig gemaak is deur Sakeliga, Agri Noordwes, NWK (die grootste verskaffer van landbouprodukte in Noordwes), en Nutri Feeds, wat hoender- en veevoer verskaf.
In die saak voor die hooggeregshof in Mahikeng wil die aansoekers die nasionale tesourie dwing om “betaalmeesters” in vervalle munisipaliteite aan te stel.