Die Mangaung-metroraad het Maandag sy aansuiweringsbegroting goedgekeur, maar daar is ontsteltenis oor die besteding aan “oortydwerk” by die metropolisie.
R216 miljoen is in die 2022-’23-geldjaar vir die metropolisie begroot, al het die nasionale tesourie gesê daar mag nie met ’n metropolisiediens voortgegaan word nie omdat die metro dit nie kan bekostig nie.
Braam Vorster, VF Plus-raadslid, het gesê nie net word daar word begroot vir die departement wat nie in werking is nie, maar geld word boonop verder vermors deur vir oortydwerk te begroot. “Dit maak glad nie sin nie.”