Nóg ’n waterkrisis dreig in Mangaung ná die onlangse een waarin van die inwoners in Bloemfontein bykans twee weke lank sonder water in hul krane moes klaarkom.
Bloemwater kan vandeesweek die waterlewering aan Mangaung weer tot 30% verminder of die krane na die metro heeltemal toedraai omdat Mangaung nie sy skuld van R256 miljoen aan die waterverskaffer betyds betaal het nie, sê Rossouw Botes, DA-stadsraadslid.
Botes sê Vrydag was die afsnydatum vir die betaling, maar dit is nie nagekom nie.