Nog meer woonbuurte in Pretoria sal binnekort watertekorte begin ervaar as waterverbruik nie verminder nie.
Darryl Johnson, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streeksbedrywighede in die Tshwane-metro, sê die watertekorte is as gevolg van verminderde watervloei en laer druk in dié metro se reservoirs.
“Om te verhoed dat meer reservoirs droog word, wat tot nog watertekorte sal lei, doen die metro ’n beroep op alle inwoners om hul waterverbruik te verminder en voort te gaan om water spaarsamig te gebruik.”