Retief Odendaal van die DA is Vrydagmiddag in ’n mosie van wantroue as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro uitgestem.
62 raadslede het ten gunste van Odendaal se verwydering gestem.
Odendaal, Mkhuseli Jack (AIM), die onderburgemeester, en Bill Harington (VF Plus), die hoofsweep, is verwyder nadat daar uiteindelik gestem is nadat die raadsvergadering twee keer uitgestel is.