Die Oos-Kaap se regeringsdepartemente se skuld aan plaaslike munisipaliteite vir dienste gelewer beloop meer as R900 miljoen.
Zolile Williams, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die provinsie, het op ’n vraag in die provinsiale wetgewer gesê dié skuld het aan die einde van Augustus op R915 miljoen gestaan, waarvan byna R600 miljoen ouer as 30 dae is.
Meer as twee derdes van die totale skuld lê by die departement van openbare werke, paaie en vervoer, wat net meer as R700 miljoen aan onderskeie munisipaliteite verskuldig is.