Die stadsklerk van die Bergrivier-munisipaliteit in die Swartland is op ’n “sending” om mense wat inperkingsmaatreëls oortree “uit te vang” en tree as regter en jurie in die ondersoeke teen haar eie personeel op.
Só sê adv. Gerrie Nel van AfriForum nadat hy met ’n ondersoek begin het na die arrestasie van ’n pa wat op die strand van die klein Weskusdorp Dwarskersbos gearresteer is.
Nog vier inwoners van dié gehuggie, met ’n inwonertal van slegs ’n paar honderd mense, is boetes opgelê deur die munisipaliteit se wetstoepassers.