Die onderburgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit het te midde van aanklagte van seksuele aanranding uit sy pos bedank.
Mlandeli Nyuka is verlede maand in hegtenis geneem nadat ’n kollega ’n saak teen hom aanhangig gemaak het.
Sy het Nyuka daarvan beskuldig dat hy haar in sy kantoor vasgedruk het.