Taakspanne in die Noord-Kaap werk onverpoos om kos en drinkwater by inwoners uit te kry wat al amper ’n week in hul woonbuurte gestrand is.
Die Kai !Garib-munisipaliteit werk saam met Gift of the Givers, die provinsiale polisie en rampbestuur, aan planne om die mense te help.