Die Gariepdam se dorpsgebied het Dinsdag géén water in die bodorp gehad waar die Vrystaatse provinsiale regering se begrotingsrede in ’n wit markiestent gelewer is nie.
Die onderdorp het wel net 15% se waterlewering gehad, sê ’n sakevrou van die Gariepdam se dorpsgebied wat verblyfplekke bestuur. Sy sê hulle moes bontstaan met die verblyf en kos met die watertekorte.
“Politici moes aan hul eie bas voel hoe dit is om nie water te hê nie.”