Inwoners van die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal het Maandagmiddag, ná meer as ’n week sonder ’n druppel water, weer water in hul krane.
Die gebied se krane was droog en sy mense afhanklik van munisipale watertenkers om dié basiese behoefte te vervul.
Dit is omdat die Dihlabeng-munisipaliteit weens beurtkrag nie genoeg water gepomp kry nie.