Inwoners van Rosendal in die Vrystaat was die hele Desember sonder water, midde-in ’n oorvloedige reënseisoen, sê Marius Marais, ’n DA-distriksraadslid in die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit.
Die dorp is ’n gewilde toeristebestemming en Marais sê sakemense sukkel om besoekers aan die dorp weens die waterkrisis tevrede te stel.
“Die DA is baie bekommerd oor die invloed wat die waterprobleme op toerisme het omdat inwoners van die Mautse-township afhanklik is van werk wat in die toerismesektor geskep word.”