’n Groep mense het vermoedelik in busse opgedaag om ’n spesiale raadsvergadering Vrydag by die Rustenburgse munisipaliteit in Noordwes te ontwrig.
Abrie Rootman, VF Plus-raadslid, het Vrydag vertel die raadslede was omstreeks 12:30 feitlik deur al die items op die sakelys, toe hy sien EFF-raadslede, wat die naaste aan die deur was, lyk ongemaklik.
“Hulle het uitgegaan, teruggekom, vinnig hul skootrekenaars gegryp en die vergadering verlaat. Net daarna het ’n groep mense by die raadsaal ingekom en op tafels geslaan terwyl hulle deur die raadsaal loop. Hulle het geskree: ‘Leave, leave!’