Die omstrede burgemeester van die Tokologo-munisipaliteit in die Vrystaat is terug in die stoel nadat hy sy wyk met ’n paar stemme gewen het.
Die DA het ’n klag teen Boitumelo (Enoch) Seakge (44) ingedien nadat kiesers gehoor het hoe hy vir die voorsittende beampte van die Verkiesingskommissie (OVK) vra om seker te maak dat hy weer wyk 3 in Dealesville wen. Hy het toe uiteindelik met 23 stemme gewen.
Kantoor Motsumi, party-agent van die DA, het toe op 30 Oktober die klag by die polisiekantoor in Dealesville ingedien.