Die Sol Plaatje-munisipaliteit het geen instandhoudingsplanne nie en reageer slegs op noodgevalle.
Dit is die bevindinge van die ouditeur-generaal (OG) in sy jongste ouditmening oor dié munisipaliteit.
Nadat die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley wéér ’n gekwalifiseerde ouditmening vir die 2021-’22-boekjaar ontvang het, gaan die DA “dié swak ouditverslag” gebruik as ’n grondslag vir oorsigstappe wat die munisipaliteit reg kan ruk.