Die staatsgebou waarin die provinsiale tesourie en regering van Gauteng gehuisves word, se krag is Maandag afgesny weens hul uitstaande rekening van R34 miljoen by City Power.
Die rekening vir Imbumba House is in 2019 laas by City Power betaal, het Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, Dinsdag by navraag gesê.
“Die departement het beloof om teen Dinsdag die uitstaande geld te betaal. Hierdie soort beloftes is al vantevore gemaak. Wanneer ons ’n bewys van betaling kry, sal ons die krag weer aansit,” sê Mangena.