’n Mens trek nie jou neus op vir ’n werk nie – jy stap die ekstra myl vir jou kliënte en jy is trots op wat jy doen.
Hierdie filosofie onderlê die werketiek van ’n Touwsrivierse tweeling wat vir die Breedevallei-munisipaliteit se vullisverwyderingsafdeling werk. Dit is Tyron en Tristan Sneygans (22) se eerste permanente werk, nadat hulle eers vir ses maande in Touwsrivier as deel van die uitgebreide program vir openbare werk (EPWP) rommel opgetel het.
Deesdae pendel hulle elke dag na Worcester, waar hulle inwoners se vullisdromme leegmaak.