Die Tshwane-nooddienste het sy ambulansdiens tydelik opgeskort.
Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het dit Woensdag aan Netwerk24 bevestig nadat ’n interne skrywe wat aan personeellede gerig is, uitgelek het.
“Neem kennis dat die afdeling vir mediese nooddienste tydelik opgeskort is. Daar word van personeel verwag om vir diens by hul nooddiensstasie aan te meld en werknemers sal op hoogte gehou word van enige verwikkelings,” lui die brief.