Die veelpartykoalisievennote in Tshwane het weer hul sake in orde.
Ná die derde poging binne twee weke om ’n eerste burger in die hoofstad te verkies, is Cilliers Brink van die DA Dinsdag tot burgemeester verkies.
Brink is deur die veelpartykoalisievennote – wat bestaan uit die DA, ActionSA, VF Plus, ACDP en die IVP – benoem. Hy het vir Ofentse Moalusi van Cope met 109 stemme teenoor 102 geklop.