Randall Williams, DA-burgemeester van Tshwane, het Vrydag met groot bravade aangekondig dat die metroraad sy “Augustus-rekening” van R1,6 miljard aan Eskom ten volle betaal het.
Hy het egter verswyg dat die volgende rekening dieselfde dag betaalbaar was en die raad met ’n dolleë beursie sit.
Tshwane sukkel reeds maande lank om Eskom teen die voorgeskrewe spertye te betaal vir grootmaatkragaankope ná sy kontant opgedroog het.