Tshwane se metroraad sal hopelik Dinsdag weer kan probeer stem vir ’n nuwe uitvoerende burgemeester.
Die kantoor van die speaker het Donderdag bekend gemaak dat ’n raadsvergadering Dinsdag vir dié doel belê is – enkele ure nadat die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng wou weet waarom ’n burgemeester nog nie verkies is nie.
Sedert Randall Williams van die DA op die laaste dag van Februarie bedank het en dr. Murunwa Makwarela van Cope vir ’n skamele agt dae in dié pos was voordat hy weens bedrog uitgeskop is, het Tshwane nog nie weer ’n burgemeester gehad nie.