Die Noord-Kaapse premier het Dinsdag in Kimberley tydens ’n besoek van die Nasionale Raad van Provinsies gesê dit is tyd om munisipaliteite in die provinsie reg te ruk.
Afgevaardigdes het gehoor dat ongemagtigde, ongewone en vrugtelose besteding in die provinsie van R349 miljoen tot R624 miljoen in die 2017-’2018-boekjaar toegeneem het. Uitstaande skuld aan Eskom beloop R1,3 miljard.
Dr. Zamani Saul, premier, sê nie net moet oorsig verbeter nie, maar ook samewerking tussen regeringsdepartemente, die tesourie en sy kantoor. “Ons mors skaars hulpbronne, en wanadministrasie moet vasgevat word.”