De Rust se water is steeds nie geskik vir menslike gebruik nie, maar die uitslag van toetse word ingewag.
“Die situasie is onveranderd,” sê Jan Venter, ’n inwoner en eienaar van Housemartin, ’n gastehuis in die dorp. Wasgoed kan ook nie met die water gewas word nie, want dit vlek die wasgoed.
Venter sê water word steeds deur die Oudtshoorn-munisipaliteit in die dorp versprei.