Inwoners van die Tokologo-munisipaliteit (Boshof, Dealesville en Hertzogville) in die Vrystaat is mismoedig oor hul vrot munisipaliteit wat boere se grondbelasting met tot 432% verhoog het.
Dit terwyl die grootste deel van Dealesville nou al vier weke boonop nie water het nie. En Hertzogville se inwoners is te midde van hittegolwe al dae sonder water met waterpompe wat gesteel word en beurtkrag wat sake net vererger.
Johan Steenkamp, DA-raadslid, en Willie Weich, VF Plus-raadslid, het bevestig dat die grondbelasting van boere tot met 432% verhoog is en dat hulle saam met die boerevereniging aan oplossings werk.