Die Baai se waterstelsel is “vir nou” stabiel vanweë verskeie faktore, waaronder ’n merkwaardige afname in waterverbruik en ’n matige styging in die damvlakke ná verlede week se reën.
Volgens die Nelson Mandelabaai-metro het die sewedaagse gemiddelde waterverbruik ook Woensdag afgeneem tot 246 megaliter – 16 megaliter oor die teiken van 230 megaliter.