Al het die watertoevoer in Kimberley in die Noord-Kaap die naweek aansienlik verbeter en die kapasiteit van die Riverton-watersuiweringsaanleg met 90% toegeneem, sal onderbrekings in die watertoevoer steeds van krag bly.
So het Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Sondag op ’n mediakonferensie gesê.
Dit was om die inwoners van Kimberley op die hoogte te bring van die stand van sake rondom die waterkrisis wat die stad sedert 12 Februarie lamgelê het.